Gauteng het reeds 3rde vlaag

Die Premier van Gauteng, David Makhura, het aangekondig dat die derde Covid-19-vlaag die provinsie getref het. Makhura sê die aantal besmettings het hierdie week verdubbel, wat op ‘n oplewing van die virus dui. Hy sê die provinsie het meer as 5 000 personeel om te help tydens die derde vlaag en daar is ongeveer 4 500 beddens in die openbare sektor beskikbaar. Die land het gister meer as 3 000 nuwe besmettings aangeteken. Makhura sê elkeen moet sy deel doen: