Equal Rights Namibia oorhandig petisie aan ombudsman

Equal Rights Namibia het vandag ‘n petisie met meer as 6 000 handtekeninge aan die ombudsman se kantoor oorhandig waarin geëis word om die homofobiese haatspraak van die Swapo Jeugliga te ondersoek. Die groep wil hê dat die kantoor van die ombudsman moet ingryp in die misbruik van die ministerie van binnelandse sake se mag en die gebruik van openbare beleid om homo-transfobie te bevorder. Ombudsman John Walters het aan Kosmos 94.1 nuus bevestig dat sy kantoor die versoekskrif ontvang het en hulle sal die saak ondersoek voordat hulle aan die groep terugvoer kan gee.