Renoster kry CT-skandering

Die Care for Wild Rhino-veilige hawe en die Universiteit van Pretoria se Fakulteit van Veeartsenykunde vier ‘n deurbraak in veeartsenykundige gesondheidsorg. Die stigter van die beskermingsorganisasie, Petronel Nieuwoudt, sê die eerste suksesvolle rekenaartomografie-skandering, of te wel CT-skandering, op ‘n lewendige renoster in Suid-Afrika is op die witrenoster Oz uitgevoer. Die bul van een-ton, wat in 2015 deur stropers wees gelaat is, is vir die skandering van die Laeveld na die Onderstepoort Veeartsenykundige Akademiese Hospitaal in Pretoria geneem. Niewoudt sê dit het gewys daar is ‘n tandwortelabses en die nodige behandeling is toegepas: