Buitelanders word deur binnelandse sake in die steek gelaat

Die president van ActionSA en burgemeesterskandidaat vir die stad Johannesburg, Herman Mashaba, sê talle wetsgehoorsame buitelanders in Gauteng doen alles om die wet na te kom, maar hulle word deur onbevoegde en korrupte amptenare van die Departement van Binnelandse Sake in die steek gelaat. Mashaba het sy planne bekend gemaak om immigrasie en die herontwikkeling van binnestedelike gebiede in Gauteng aan te pak. ‘n Woordvoerder van die party, Lerato Ngobeni, sê samewerking met nasionale wetstoepassingsowerhede kan betekenisvol wees vir die beheer van onwettige immigrasie: