Rekort Covid-gevalle… hoekom so hoog?

In vergelyking met verlede maand dieselfde tyd, ervaar Namibië tans rekordhoë Covid-gevalle en sterftes. Die Namibiese regering stuur bewusmakingsveldtogte van stapel om Namibiërs te onderrig in die belangrikheid van maskers dra, sanitasie en sosiale afstand te handhaaf. Ben Nangombe die uitvoerende direkteur van die gesondheidsministerie, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus oor die rede vir die toename in gevalle.