Rekordstygings in voedselpryse

Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie sê voedselpryse het in die eerste sewe maande van die jaar met 26,3 persent gestyg as gevolg van die skerp styging in die prys van olies en grane. Vanaf Januarie tot Julie vanjaar het olie pryse met ‘n skokkende 73,6 persent gestyg terwyl grane amper 29 persent duurder is. Vleispryse het met amper 7 persent gestyg as gevolg van tekorte wat deur die groot aanvraag in China veroorsaak is.