Wat as China plaaslik skuld kom opeis, soos hy in Kenia maak?

Internasionale media berig dat China 70 persent van die geld wat Kenia hom skuld opeis. In minder as tien jaar, het China die grootste krediteur van die Keniaanse regering geword en 67 persent van die land se skuld is aan China. Regoor die vasteland is daar kommer oor die moontlikheid dat China belangrike infrastruktuur, soos hawens, lughawens en meer, kan opeis as gevolg van skuld. Dr Omu Kakujaha-Matundu, die bekende Unam-ekonoom het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die Namibiese verband.