Groot kritiek teenoor Aukus-verdrag

Amerika en die Verenigde Koninkryk loop onder internasionale kritiek deur ná ‘n nuwe veiligheidsooreenkoms wat hulle met Australië gesluit het. Volgens die ooreenkoms, wat beskou word as ‘n poging om China teen te staan, sal Amerika en Brittanje aan Australië tegnologie voorsien om kernaangedrewe duikbote te bou. Dit het Frankryk ontstel wat sê hy is in die rug gesteek. China beskuldig die drie moondhede van ‘n Koue Oorlog-mentaliteit. Volgens waarnemers bestaan vrese dat die ooreenkoms China tot ‘n oorlog kan uitlok.