Rekordpryse sover by Hartebeestloop

Die jaarlikse veiling van Joggie Briedenhann se top-gehalte Bonsmarastoet het 11-uur vanoggend op sy plaas Hartebeestloop begin. Daar is 50 bulle op aanbod wat op die oomblik verkoop word. Lot 4 het kort na 11-uur reeds verkoop vir 550 000 Namibiese doller met Lot 6 wat vir 450 000 doller verkoop is. Lot 8 het vir 220 000 doller verkoop met ander wat tussen 90 000 en 150 000 doller verkoop het. Die veiling op die plaas naby Stampriet word deur Agra Veilings hanteer en duur voort.