Byt vas, ons is amper daar deur

Talle Namibiërs sluit hulle by miljoene mense oor die wêreld aan met Covid-satheid. Maatreëls word nie meer nagekom nie en mense verkeer onder toenemende finansiële druk. Die voormalige president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid en die Uitvoerende Voorsitter van die Ohlthaver en List Groep Sven Thieme sê mense moet vasbyt en meen dat die volgende paar maande sal dit begin beter gaan.