Gibeon ontvang bystand by Stad Windhoek

Die Voorsitter van die Dorpsraad op Gibeon, Sharon Bezuidenhout, sê hulle het uitgereik na Stad Windhoek om uitdagings op die nedersetting aan te spreek. Bezuidenhout het besoek afgelê by Windhoek se Adjunk Burgemeester Clemencia Hanases. Gibeon het sedert 2003 ‘n ooreenkoms met Windhoek en vra nou dat die hoofstad se leierskap die bepalings van die ooreenkoms nakom. Daar is dringend toerusting nodig om die nedersetting skoon te maak en op te ruim. Bezuidenhout sê hulle het ‘n vuil plek ontvang en mense het nie waardigheid in hulle bestaan nie. Op haar beurt het Hanases gesê Stad Windhoek sal Gibeon bystaan maar ook ander dorpe regoor die land.