Rekord kanola-oes in SA verwag

Die eerste skatting van die Oesberamingskomitee vir wintergrane wys Suid-Afrika stuur af op die produksie van ‘n rekord-volume kanola-saad. Die komitee sê die gebied onder beplanting sal na verwagting met amper 34 persent toeneem, van verlede jaar se 74 000 hektaar tot 100 000 hektaar vanjaar. Dit behoort uit te loop op ‘n nuwe rekord kanola-oes van meer as 18 persent meer as verlede jaar. Die vooruitsigte vir gemoute gars is 40 persent minder, hoofsaaklik weens die uitwerking van Covid-19-verwante beperkings op alkoholverkope.