Chinese perlemoenstropers vas!

Die vinnige optrede van Blitspatrollielede in Gqeberha in die Oos-Kaap om ‘n onwettige perlemoentransaksie in die wiele te ry, het uitgeloop op die inhegtenisneming van ‘n Chinese burger. ‘n Polisiewoordvoerder sê hulle het inligting opgevolg oor iemand wat glo op pad was om die transaksie te beklink. Die man het probeer wegjaag, maar ‘n onbevestigde bedrag geld is na ‘n deursoeking van die motor aangetref en in beslag geneem. Hy word aangehou op aanklagte van die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie, en omkopery.