Rekord-getalle, suurstoftekorte, mediese afval hoop steeds op

Die jongste Covid-syfers toon ‘n positiewe koers van 46 persent. Die Namibiese gesondheidsministerie het 726 nuwe Covid-19-gevalle in 13 streke uit 1 594 toetsuitslae aangekondig. Daar is tans 9 609 aktiewe gevalle, waarvan 377 gehospitaliseer is met 72 in intensiewesorg- en 25 in hoësorg-eenhede. Dertien sterftes is aangemeld. Intussen is daar druk op mediese instansies en berigte lui dat familielede van pasiënte in sommige gevalle hulle eie suurstof moet bekom. Owerhede is duidelik oorweldig deur die derde vlaag en verlede week het Kosmos 94.1 Nuus berig dat die mediese afval van die Covid-kliniek in Robert Mugabe-rylaan die hele week nog nie verwyder is nie. Dit terwyl honderde mense daar toustaan vir Covid toetse. Die hoop is sedertdien nog nie verwyder nie en word daagliks groter nieteenstaande die beloftes wat Vrydag deur die gesondheid uitvoerende direkter Ben Nangombe aan Kosmos-luisteraars gemaak is nie.