Pandemie versprei vinniger as entstof – WGO

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dit is kommerwekkend dat Covid-19 vinniger versprei as wat die geval is met entstowwe wêreldwyd. Die syfers vir nuwe Covid-19-gevalle wat die WGO van oor die wêreld ontvang, toon die afgelope sewe weke agtereenvolgens ‘n afname. Dit is die langste aaneenlopende weeklikse daling tot dusver tydens die pandemie. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hulle sien toenemend ‘n tweeledige Covid-19-pandemie: