Entrepo-slenter: amptenare ook skuldig aan bedrog

Die Namibiese polisie sê staatsamptenare neem deel aan ‘n bedrogspul en die mag sê hy het reeds talle klagtes in die verband ontvang. Volgens Nampol se woordvoerder adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, sê ‘n groep, ‘Entrepo Finance Employees’ hulle verteenwoordig lenings vir staatsamptenare. Maar, indien die amptenaar wel ‘n lening by Entrepo Finance neem, en 50 persent daarvan geen aan Entrepo Finance Employees oorbetaal, dan sal die lening in sy geheel afgeskryf word. Shikwambi sê wanneer amptenare instem, word die hele geleende bedrag uit hulle rekening getrek, in plaas van 50 persent. Sy het bygevoeg dat staatsamptenare wat wel slagoffers van die slenter was, ook betrokke is by bedrog en aangekla kan word. Die saak word volgens Shikwambi ondersoek.