PDM gaan klag by ombud lê teen GRN, Katti

Die PDM-party sê in ‘n verklaring hy gaan ‘n klag by die kantoor van die ombudsman lê in verband met die regering se hantering van suurstof voorsiening tydens die pandemie. Volgens die party is die tender aan Intaka Technology Namibia toegeken. Die maatskappy is nie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie goedgekeur nie omdat dit nie aan sy standaarde voldoen nie. Die maatskappy word deur die Namibiese besigheidsman Knowledge Katti besit en die PDM sê dit is bekend dat die regering aan Katti en sy maatskappye voordele gee. Dit sê die party, het lewens gekos en daarom voel hy Katti en regering het basiese menseregte geskend. Die PDM sê ook dat Katti en die regering aan die Namibiese nasie moet om verskoning vra vir die debakel.