Rekord Covid-gevalle, ministerie sê hy hersien maatreëls

Die Namibiese gesondheidsministerie sê met 1 045 nuwe Covid-gevalle, word die situasie in die land hersien. “Dringende aandag is nodig”, en ‘n “gepaste reaksie is nodig”. Dit wil voorkom asof owerhede binnekort nuwe maatreëls sal aankondig. Die aankondiging kom na die rekord-getal Covid gevalle uit 3 178 toetsuitslae bevestig is. Windhoek alleen het 619 gevalle met Swakopmund op 80, Rehoboth op 42 en Okahandja met 33. Agttien sterftes is ook bevestig. ‘n Totaal van 374 pasiënte het herstel wat die totale aktiewe gevalle op 7 252, die hoogste ooit, te staan bring. Die herstelkoers het verder gedaal na 87 persent.