Macron-klap kos 4 maande agter tralies

‘n Agt-en-twintigjarige man wat die Franse president Emmanuel Macron geklap het, is vier maande tronkstraf opgelê. Die president is vroeër die week tydens ‘n wandeling op ‘n amptelike besoek aan die suidooste van Frankryk deur ‘n man in ‘n groen T-hemp geklap. Damien Tarel beskryf homself as ‘n regse of ver-regse patriot. Hy mag vir minstens vyf jaar lank nie ‘n openbare amp in Frankryk beklee of wapens besit nie. Macron sê niks regverdig geweld in ‘n demokratiese samelewing nie.