Bank Windhoek, Farm Windhoek Fitness bied aflosbyeenkoms aan

Bank Windhoek bied in samewerking met Farm Windhoek Fitness sy jaarlikse aflosbyeenkoms van vier mense in ‘n span op Saterdag 10 en Sondag 11 Julie aan. Dit sal ook ‘n virtuele aanlyn-komponent bevat. Bank Windhoek se hoof van korporatiewe maatskaplike beleggings, borgskap en geleenthede, Bronwyn Moody, heta an Kosmos 94.1 Nuus gesê die opbrengs van die geleentheid sal vir die stryd teen die Covid-pandemie aangewend word.