Droogtehulp SA skenk plaaslik

Burre Burger van Droogtehulp Suid-Afrika gaan vandag 100 000 Namibiese dollar aan Namibië Boere Droogtehulp skenk. Die skenking volg ná Droogtehulp Suid-Afrika ook in 2019 ‘n skenking aan Namibië gemaak het. Henriette le Grange van Namibië Boere Droogtehulp sê die fondse word nie net vir droogtehulp aangewend nie, maar help talle boere op verskeie vlakke soos onder meer tydens die sprinkaanplaag en veldbrande.