Oudtshoorn-pa vas wat op kamera seun swaai en gooi

Die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling het dringend ingegryp nadat ‘n pa op kamera vasgevang is waar hy sy eenjarige seun in Oudtshoorn swaai en gooi. Die voorval het blykbaar gevolg op ‘n huishoudelike dispuut tussen die ma en haar lewensmaat. Die 31-jarige pa is intussen in hegtenis geneem en aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer, en kindermishandeling. Die departement het die ma en kind in beskermende sorg geplaas. Die polisie vra die publiek om nie die video te versprei nie, om die identiteit van die kind te beskerm.