Rehoboth-sopkombuis vra voedsel-skenkings

Nie-winsgewende welsynsorganisasies en gemeenskapsgroepe ondersteun Namibië se maatskaplike sektor en maak ‘n groot verskil in weerlose gemeenskappe. Die bekende welsynsorganisasie Rehoboth Mommies in Need sê hulle is dankbaar vir ‘n gasstoof wat vir hul sopkombuis geskenk is. Die stigter van die organisasie, Elodine Cloete, doen ‘n beroep op die gemeenskap vir skenkings van voedsel of fondse om voort te gaan om die gemeenskap van Rehoboth te help.