Numsa verwelkom Arbeidshof se beslissing oor ingenieurs

Die metaalwerkersvakbond Numsa het die Arbeidshof se besluit verwelkom om die nasionale werkgewersvereniging, NEASA, en die Suid-Afrikaanse vereniging vir ingenieurs en stigters, SAEFA, se aansoek om verlof tot appèl te weier. Dit volg nadat hulle aansoek om ‘n interdik te kry teen die metaal- en ingenieursbedryf se bedingingsraad om die 2021-loonooreenkoms in die Staatskoerant te publiseer, in Augustus misluk het. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle is dankbaar die hof kon sien dat die werknemers deur selfsugtigheid gemotiveer word: