Noah sal Daily Show verlaat om op komedievertonings te fokus

Die komediant Trevor Noah het aangekondig dat hy die Daily Show gaan verlaat nadat hy dit sewe jaar lank aangebied het. Die Suid-Afrikaner het dit in 2015 by Jon Stewart oorgeneem. Dit is nog nie duidelik wanneer sy laaste program sal wees en of die Paramount Global-kabelnetwerk al ‘n opvolger oorweeg nie. Noah het sy planne aan ‘n gehoor bekend gemaak tydens ‘n opname van die program in New York, en sê hy wil meer tyd bestee aan sy eie komedievertonings: