Rehoboth-brand weer onder beheer

Die Rehoboth-Tsumis brand is weer onder beheer gebring. Dit het laat Saterdagmiddag weer opgevlam maar volgens Dirk Cloete, Mariental se hoof van brand- en nooddienste, was die brande binne die gebied wat reeds gebrand het, en het opgevlam in dele wat nie gebrand het nie. Brandspanne kon nie toegang kry nie maar, soos Cloete verduidelik, het die vuur nêrens heen gehad om te gaan nie. Spanne is volgens berigte steeds op gereedheidsgrondslag. Daar word beraam 22 000 hektaar is verwoes in die brand wat Woensdagmiddag ontstaan het.