Laagvlieënde kraaie bedreig fiets-wedren

Fietsryers staal hulle vir ‘n ongewone bedreiging by die wêreldfietsrykampioenskappe in Australië – laagvlieënde eksters, lid van die kraaifamilie. Die kusdorp, Wollongong, 80 kilometer suid van Sydney is van vandag af agt dae lank die gasheer van hierdie geleentheid. Dit is ook die tuiste van swerms van hierdie berugte territoriale swart-en-wit voëls. September is die piekseisoen, aangesien eksters hul kleintjies in die nes probeer beskerm en hulle kan op mense op hulle fietse afpyl indien hulle dit as ʼn bedreiging beskou. Meer as ‘n duisend fietsryers uit meer as 70 lande sal om 13 goue medaljes in wedrenne by die kampioenskappe meeding.