Fase 6 in SA na nog twee eenhede ingee

Eskom het beurtkrag verhoog tot fase ses. Die aankondiging is net na vier-uur vanoggend gemaak, na ‘n eenheid elk by die Kusile- en Kriel-kragstasies uitgeskop het. Die kragvoorsiener hou tien-uur vanoggend ‘n nuuskonferensie oor die pad vorentoe. Eskom het Saterdag beurtkrag na fase vyf verhoog nadat vyf opwekkingseenhede onklaar geraak het. Intussen sal die buurland se Nasionale Energiereguleerder vandeesweek openbare verhore hou oor Eskom se jongste aansoek om ʼn tariefverhoging. Die sukkelende kragvoorsiener wil tariewe vanaf 1 April aanstaande jaar met 32 ​​persent verhoog.