Regter las dat Angolese kinders in ouers se sorg vrygelaat word

Hoërhof-regter Shafimana Ueitele het die Namibiese regering beveel om vier Angolese kinders vry te laat wat al langer as vier jaar in aanhouding is. Die staat het in 2018 die sakeman Simon Andjamba van mensehandel aangekla. Die vier kinders is sedertdien in die bewaring van die ministerie van maatskaplike welsyn op ‘n onbekende plek gehou. Die ma’s van die kinders het na Namibië gekom om die vrylating van hul kinders te eis en sê hulle is nie slagoffers van mensehandel nie. Die ouers het ‘n dringende aansoek by die Windhoek-hoërhof ingedien om toesig oor hul kinders te vra. In hofstukke wat deur bekende prokureur Sisa Namandje ingedien is, sê die ouers hul kinders met hul toestemming saam met Andjamba na Namibië gekom het. Andjamba is in 2020 in hegtenis geneem op aanklag van mensehandel en 15 000 Namibiese borgtog is aan hom toegestaan. Regter Ueitele het die staat beveel om die kinders met onmiddellike effek in die sorg van hul gesinne vry te laat.