Gholf: Fransman wen Mauritius Ope

Gholf: Die Fransman Antoine Rozner het sy derde DP World-toer-titel verower toe hy die Mauritius Ope met vyf houe gewen het, met ‘n finale ronde van 67, 19 onder baansyfer. Die Spanjaard Alfredo Garcia-Heredia het die tweede plek behaal, op 14 onder syfer, met ‘n finale ronde van 67, terwyl Rozner se landgenoot, Julien Brun, derde was op 12 onder syfer, met ‘n laaste ronde van 72. Rozner sê hy kon nie vir ‘n beter einde vra om sy jaar af te sluit nie.