Reuse-agterstand met visum-aansoeke in SA

Die buurland se departement van binnelandse sake worstel met ‘n reuse-agterstand in visum-aansoeke, wat hy hoop om teen Junie 2024 op te klaar. Volgens berigte is die agterstand vererger deur die departement se besluit om die beoordeling van langtermyn-visums te sentraliseer. Dit het gelei tot langer verwerkingstye, gefrustreerde buitelandse aansoekers en verspeelde werksgeleenthede. Andreas Krensel van IBN Immigration Solutions sê die druk het daartoe gelei dat binnelandse sake ‘n buitensporige aantal aansoeke afkeur.