Regter beslis Zuma moet verhoor word

Regter Piet Koen het die buurland se oudpresident Jacob Zuma se spesiale aansoek om die korrupsie-klagte teen hom ter syde te laat stel, van die hand gewys. In sy stukke het Zuma aangevoer dat die Nasionale Vervolgingsgesag die reg om hom te vervolg, verloor het. In die Pietermaritzburg hoërhof het Koen beslis die verhoor sal voortgaan. Kenners meen Zuma sal nie sommer die uitspraak aanvaar nie.