AU skaf 110m Moderna-entstowwe aan

Die Afrika-unie sal 110 miljoen dosisse van die Moderna-entstof aanskaf in ‘n ooreenkoms wat deur die Amerikaanse Presidensie bemiddel is. Volgens internasionale nuusagentskappe sal die eerste 15 miljoen dosisse voor die einde van die jaar afgelewer word. ‘n Verdere 35 miljoen sal in die eerste kwartaal van 2022 aankom met 60 miljoen in die tweede kwartaal. Dit sal die eerste entstof wees van die AU aankoop wat nie op die vasteland vervaardig is nie.