Regte saad sal voedselsekuriteit aanspreek

Die landbouministerie wil voedonselsekerheid met tussen 12 en 25 persent sny deur voedselproduksie met 20 persent te groei. Die ministerie sê gekombineerde strategieë wat hoë-kwaliteit saad, doeltreffende watergebruik en goeie voeding vir gewasse insluit sal benut word om die doelwit te bereik. Verskeie variëteite wat aangepas is vir klimaatsverandering en droogte-bestand is moet ontwikkel word en die privaatsektor sal ‘n groot rol hierin speel. Goeie bergingsfasiliteite is ook belangrik omdat 40 persent van die saadproduksie by die Mannheim Navorsingstasie in die Oshikoto-streek jaarliks verlore gaan.