Openbare vervoervakbonde ondersteun vulstasie-eienaars

Ná die vergadering tussen Namibiese vulstasie-eienaars en die ministerie van myne en energie oor die stygende brandstofpryse, het die kleinhandelaars daarin geslaag om reaksie van die ministerie te kry, soos beloof in hul vergadering van Maandag. Die Namibiese Plaaslike Besighede-verenging, NALOBA, was egter nie tevrede met die reaksie van die ministerie nie en dreig steeds met ‘n landwye sluiting van vulstasies. Beweringe doen op sosiale media die ronde dat motoriste voorbereid moet wees dat daar ‘n moontlikheid is dat daar vir volgende week geen brandstof verkoop sal word nie, weens die dispuut. Kosmos 94.1 Nuus het die sekretaris-generaal van Nabta, die openbare vervoervakbond, Pendapala Nakathingo, vir hul standpunt gevra.