Regstappe kom teen Zuma se beplande vervolging teen Ramaphosa

Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma se beplande vervolging van President Cyril Ramaphosa is niks ander nie as ‘n “duistere poging” om Ramaphosa te kere om vir ‘n tweede termyn as ANC-president verkies te word. Só skryf die die kantoor van die staatsprokureur, wat Ramaphosa in sy amptelike hoedanigheid verteenwoordig in ‘n prokureursbrief aan Zuma se regsfirma, WNA Attorneys Ingelyf. Herbert Mncube, assistent-staatsprokureur, doen ‘n beroep op Zuma om sy “ongeldige” dagvaarding vir private vervolging terug te trek. As hy dit nie teen 19 Desember doen nie, behou Ramaphosa die reg om verdere stappe teen Zuma te doen en om ‘n bestrawwende kostebevel teen hom aan te vra.