Chaos in Peru met talle wat in betogings sterf

Peru se nuwe regering is onder toenemende druk nadat twee kabinetslede bedank het ná protesaksie in die land waarin talle mense dood is. Dit volg nadat President Pedro Castillo verlede week afgedank en in hegtenis geneem is op aanklagte van sameswering en rebellie. Castillo gaan nou 18 maande aangehou word terwyl aanklagte teen hom ondersoek word. Sy adjunk, Dina Boluarte, is tot President verkies en spook sedertdien om wydverspreide gewelddadige betogings in bedwang te kry.