Pres. Hage Geingob is wéér in Katar

Hewige kritiek is op sosial media uitgespreek oor President Hage Geingob wat weer in Doha, Katar, is waar die Sokkerwêreldbeker-eindstryd vandag tussen Frankryk en Argentinië plaasvind. Hy het ook in Junie die olieryke land vir die tweede Katar Ekonomiese forum bygewoon waar hy samesprekings met die Emir van Katar, Tamim bin Hamad Al Thani, gevoer het. In Februarie was Geingob ook daar op ‘n tweedaagse amptelike besoek op uitnodiging van Al Thani.