Ou mense wat 30 jaar voordeel trek moet waai – IPC

Die Erongo-leierskap van die Independent Patriots for Change sê daar is geen manier wat Namibiërs kan toelaat dat ou mense wat die afgelope 30 jaar genoeg baat gevind het om weer die land te regeer nie. Volgens hulle wys die sosio-ekonomiese status van die land alleen dat ’n mens nie op geskiedenis kan staatmaak om die land se toekoms te red nie, en dat Namibië ’n algehele verandering in leierskap nodig het. Kosmos 94.1 Nuus het met Brian Black, die nasionale voorsitter van die party gesels.