Regskenner verduidelik opsies vir Nghipunya

Die Fishrot-beskuldigde Mike Nghipunya het aangedui dat hy weer vir borg sal aansoek doen, sou sy Grondwetlike uitdaging in die hoërhof slaag. Drie regters het die saak aangehoor, wat op die bepaling in die strafwet, dat verdagtes tot hulle verhoor aangehou kan word gefokus het. Twee Esi Schimming-Chase en Herman January het bevind die bepaling is nie teen die Grondwet nie, maar Thomas Masuku het saam met Nghipunya gestem. So wat nou? Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van die Regshulpsentrum, Toni Hancox gepraat.