Gee ‘n naam vir binnelandse sake se nuwe gebou

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake soek ‘n naam vir sy nuwe gebou in die hoofstad. Die publiek word uitgenooi om deel te neem en ‘n unieke naam vir die gebou voor te stel. Die ministeriële woordvoerder, Margaret Kalo het die besonderhede.