Hamunyela sê oor Wang se ontsnapping, en soektog

Die hoof van die Namibiese Korrektiewe Diens kommissaris-generaal Raphael Hamunyela sê die polisie hoef nie vir hulle te wag voordat ‘n soektog van stapel gestuur word oor die ontsnapte renostersmokkelaar Wang Hui. Wang het Maandagmiddag uit die Namibiese Korrektiewe Dienste-fasiliteit in Windhoek ontsnap. Daar is vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat Nampol wag dat die diens ‘n klag lê voordat hulle begin soek. Wang het reeds Maandagmiddag in die omgewing van Karibib verdwyn.

Hy het bevestig die klag is reeds gelê.