Visbedryf is ‘deurtrek’ van korrupsie

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se streeks-teenkorrupsiekonferensie op Walvisbaai was ‘n groot sukses. Dit wil voorkom asof die visbedryf deurtrek is van korrupsie. Die oliebedryf het ook onder die loep gekom en die instituut se direkteur Graham Hopwood sê kwessies is bespreek om te verhoed dat Namibië in ‘n Nigerië, of Angola, ontaard.