Regering sal die haweloses by die stadion aanspreek

Met die eerste uitbreking van Covid-19 is talle haweloses in die hoofstad by die Katutura Jeugkompleks gehuisves. Daar was vroeër beplanning om die groepe te verskuif maar nou met die derde vlaag van infeksies, is dit nie duidelik wat hulle onmiddellike toekoms inhou nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Vise-president Nangolo Mbumba gepraat.