Rohde se appèl op 20 Augustus aangehoor

Die Appèlhof sal die gewese Johannesburgse uitvoerende hoof, Jason Rohde, se appèl teen sy skuldigbevinding vir die moord op sy vrou en sy vonnis van 20 jaar in Augustus aanhoor. Susan Rohde is in 2016 dood aangetref in die egpaar se hotelkamer buite Stellenbosch. Volgens Rohde het sy haarself in die badkamer opgehang nadat sy uitgevind het hy het steeds ‘n buite-egtelike verhouding. Hy is in 2019 skuldig bevind. Die appèl sal op 16 Augustus deur ‘n volbank van vyf regters aangehoor word.