Regering moet ingryp met sprinkane

Die Namibiese regering het reeds N$30 miljoen bestee om sprinkane onder beheer te bring en nóg N$28 miljoen word benodig. Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua sê die sprinkaanplae vernietig gewasse en weiding. Hy sê dit moet as ‘n bedreiging vir landbouproduksie beskou word en daarom moet die regering ingryp. Uerikua deel sy kommer met Kosmos 94.1 Nuus.