Singh bieg voor staatskapingskommissie

Die gewese finansiële hoof van Transnet, Anoj Singh, het voor die staatskapingskommissie erken dat hy ‘n rol gespeel het in die aanstelling van die raadgewende firma, Mckinsey. Hy ontken egter dat hy kennis dra van omkoopgeld wat aan die Gupta-vennoot, Salim Essa, betaal is. Singh is terug voor die kommissie om getuienis in verband met die semi-staatsinstelling te lewer. Dit volg na die onthulling dat McKinsey in samewerking met Essa se Regiments en Trillian miljoene-rand se omkoopgeld van Transnet-kontrakte ontvang het. Singh ontken enige kennis van twyfelagtige ooreenkomste.