Lugverkeer stabiel, maar steeds laer as voor Covid

Die uitvoerende hoof van die Namibiese Lughawensmaatskappy, Bisey Uirab, sê lugverkeer in Namibië is stabiel, maar nog nie weer so besig soos voor die Covid-pandemie nie. Daar is ‘n herstel in lugverkeer en die aantal toeriste wat Namibië besoek. Uirab sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle werk nou saam met die toerismesektor om Namibië as bestemming te bemark.