Regering, maatskappye gaan saamwerk om beurtkrag te stop

Die regering en verskeie uitvoerende hoofde in Suid-Afrika het beloof om saam te werk om beurtkrag teen 2024 te beëindig. Dit is op die Johannesburgse mynbou-indaba onthul. Die tweedaagse geleentheid het verskeie rolspelers in die mynbedryf byeengebring om onder meer ontwikkelings in die mynbousektor en die kragkrisis te bespreek. Die direkteur van PWC Africa Energy Resource and Utility, Andries Rossouw, het aan die SABC gesê die regering moet maniere vind om beleggers na die land te lok: