Namibië moet beplan vir verstedeliking, sê Bank van Namibië

Die Bank van Namibië se 24ste jaarlikse simposium vind vandag plaas. Die simposium het ten doel om by te dra tot Namibië se ontwikkeling en ekonomiese beleidsdiskoers. Volgens ‘n verslag van die Wêreldbank word verwag dat 72 persent van Namibiërs teen 2050 in stedelike gebiede sal woon. Die bank se goewerneur, Johannes !Gawaxab, deel meer.